Die reeks
programme van EJM is daar om u te help met die bestuur van
alle aspekte van u konstruksieonderneming.
Die kritieke vraag waarmee Bestuur in die konstruksiebedryf met sy klein marges en nog onveranderbare sperdatums, worstel is:
Haal ons ons
teikens?
Dit help nie om ses maande na die einde van die finansiële jaar agter te kom dat jy 'n verlies gemaak het nie – dan is dit te laat om iets daaraan te doen.
Met die geïntegreerde EJM-stelsel sal jy reeds vroeg in die projek negatiewe afwykings en tendense optel sodat jy betyds regstellende stappe kan neem.
Met EJM sal jy jou wins en verlies per projek kan bepaal met gedetailleerde kosteverslae tot by kostesenter en hulpbronvlak.