EJM Konstruksie Sagteware

EJM

Greyline heading Facebook Kontak Ons EJM LogoEpos English Tuis
  tuisSagteware oor ons span kontak ons

Kopiereg © - EMWIN Stelsel (Pty) Ltd. - Alle regte voorbehou

“AS JY ERNSTIG IS OOR
KOSTEBESTUUR”

triangle

KONTAK ONS VANDAG!!

tuis sagteware oor ons  span  kontak ons

Die effektiewe bestuur van 'n konstruksie onderneming se gereedskap en toerusting is belangrik vir die sukses van die onderneming omdat dit die vrae beantwoord:

Die stelsel is ontwerp vir die interne en eksterne verhuring van ‘n onderneming se gereedskap en toerusting. Dit hou boek van die beweging van die bates tussen die sentrale stoor en terreine en stel u so in staat om te alle tye te weet waar die toerusting is en wat die status daarvan is.


Toerusting register

Met die toerusting register kan u die volledige toerustinglys sien, gegroepeer in groepe en kategorieë. U kan dan, deur 'n item te kies, die status van die item asook ander tersaaklike inligting sien.

 

Item Onderhoud

Met die Item Onderhoud module kan u die huidige status van 'n item sien, en nuwe data vir die item bywerk of verander. U is ook in staat om verskeie prysreëls vir elke item op te stel. Voorbeeld:Interne koers is R150.00 per dag en verhuring aan 'n eksterne klient is R240.00 per dag plus 'n bykomende R20.00 per uur.  

 

Gebruiksopsporing

U kan die beweging en gebruik van die items tussen terreine oor ‘n tydinterval volg.

Gebruik kan per km of uur bereken word.

Dit vorm die basis om die gebruiker te faktureer vir die item .

 

Fakturering

Fakturering (Invoice Run) genereer maandeliks fakture vir die verhuur / verkoop van toerusting aan terreine.

Twee soorte fakture word gegenereer, nl. 'n interne en 'n eksterne faktuur:

 

Verslae

Al die verslae kan na PDF uitgevoer word of per e-pos direk aan kliënte / terreine gestuur word. Verslae sluit item geskiedenis in waar die gebruiker die gebruik van toerusting kan naspeur.

Wins- / verliesverslae kan bestuur help met besluite betreffende die toerusting, om te hou / verkoop. Historiese fakture is ter enige tyd beskikbaar . 

 

Rooster funksionaliteit (Grid functionality)

Inligting is in ‘n rooster, soortgelyk soos Excel, beskibaar.

U kan aanpassings aanbring deur kolomme te herrangskik, of om die breedte van die rooster op enige manier te verander soos u goed dink. U kan sekere kolomme groepeer, filter vir sekere data, kolomme verwyder en kolomme byvoeg. U kan ook die rooster data uitvoer.

Oorsig Brosjure Tool & Equipment Maroon

Gereedskap & Toerusting

Gereedskap & Toerusting