EJM Konstruksie Sagteware

EJM

Greyline heading Facebook Kontak Ons EJM LogoEpos English Tuis
  tuisSagteware oor ons span kontak ons

Kopiereg © - EMWIN Stelsel (Pty) Ltd. - Alle regte voorbehou

“AS JY ERNSTIG IS OOR
KOSTEBESTUUR”

triangle

KONTAK ONS VANDAG!!

tuis sagteware oor ons  span  kontak ons

EJM Betaalstaat & Menslike Hulpbrone Stelsel is ’n kragtige, aanpasbare stelsel wat ontwerp is vir die unieke vereistes van die konstruksiebedryf. Arbeid is 'n groot koste-komponent en in 'n toenemend streng regulatoriese omgewing, moet dit behoorlik bestuur word om mededingend te bly en aan vereistes te bly voldoen.


Gebruikersregte
Gebruikersregte word toegeken op grond van die gebruiker se take, verantwoordelikhede en vlak van klaring tot 'n spesifieke betaalstaat.
Die stelsel sal outomaties rugsteun voordat u 'n werkstuk afsluit of 'n jaareinde doen..


Die opstel van die Betaalstaat
Wanneer u 'n nuwe betaalstaat begin, kies u die toepaslike sjabloon (bv. 'n nywerheidsraad). Die funksies wat met die gekose sjabloon geassosieer word, sal dan outomaties geskep word.

Aangesien elke maatskappy en betaalstaat egter unieke vereistes het, kan die betaalstaat verder aangepas word. Dit word maklik gedoen met EJMPay se aanpasbare parameter-gedrewe stelsel.

Komplekse funksies vir verdienste, aftrekkings en maatskappyvoordele kan opgestel word.
Dit is bo en behalwe die vooraf ingestelde funksies om alle belasting- en ander statutêre vereistes te hanteer, langtermynlenings met saamgestelde rente, jeugbelasting-aansporingskema, ens.


Inskrywings, kosteberekening en integrasie met die Boekhoustelsel
Kosteberekening, indien nodig, kan op vyf vlakke gedoen word (projek, kostepunt en 'n drievlak hulpbronkode).

U kan eenhede inskryf en toeken volgens die vlak van werkkoste wat benodig word, funksies invoer tydens uitvoering en dan bereken - die loonstrokie sal onmiddellik beskikbaar wees, maar die berekening kan ongedaan gemaak word, aangepas en herbereken word.

Alternatiewelik kan betalingseenhede ingevoer word vanaf inklokstelsel data of Excel.

Daar is uitgebreide werkkoste verslae beskikbaar wat gefilter kan word, uitgevoer word na Excel en gesorteer word.

Huidige en vorige koste transaksies word behou vir verdere analise. Toekennings word behou vir filtering en verslagdoening.

By inskrywings na die Boekhoustelsels sal die koste en algemene lêers opgedateer word.

Dit is hier in die Boekhoustelsels wat die volle funksionaliteit van uitgebreide kosteberekening- en rekeningkundige verslagdoening na vore kom. .


Belastingvereistes nakom (Tax Compliant)
EJMPay is versoenbaar met belastingvereistes vir alle Suider-Afrikaanse lande. Dit bereken belasting korrek en lewer relevante belastingverslae. Gereelde opdaterings verseker dat u die nuutste Inligting beskikbaar het en dat u op datum is met belastingvereistes. Ons vriendelike ondersteuningspersoneel EasyFile sy naam gestand doen. Dit bied statutêre verslae soos LBS, SEB, "Youth Employment Tax Incentive", WVF, Werkersvergoeding en Industriële Raad verslae..


Bykomende inligtingsvelde vir werknemers
Hierdie velde kan addisionele inligting oor werknemers stoor, byvoorbeeld skoen- en oorpak groottes vir die bestelling van werksklere of selfs dieetvereistes vir die jaarlikse Kerspartytjie. Dit is 'n uiters nuttige funksie saam met die "Report Writer" wat inligting beskikbaar stel met die druk van ‘n knoppie.


Standaard verslae en die Report Writer
EJMPay het meer as 60 verslae. Dit dek verskeie loonstrokies, statutêre verslae, betalingsverslae, HR-verslae, ens. Soms benodig u 'n unieke verslag vir u onderneming of situasie. Met die Report Writer kan u u eie verslae ontwerp deur velde uit die betrokke tabelle te kies.
Alle verslae kan na PDF geëksporteer word om deur epos te versend, of na Excel geëksporteer word vir verdere ontleding.


Berekening van verlof
EJMPay bestuur die verlof wat werknemers neem. Die standaard toekenning is die minimum wat deur die Wet op Basiese Diensvoorwaardes vereis word, maar dit kan verander word om dit wat ooreengekom is volgens Maatskappybeleid, te reflekteer.


Betaalopsies
EJMPay skep 'n uitvoer lêer, wat ingetrek kan word in u internetbankdienste. In EJMPay het u ook die opsie om werknemers per tjek te betaal. Die program beskik oor die funksie om tjeks te druk. Werknemers kan ook kontant betaal word, met ’n keuse van geldeenheid. Met die geldeenheid funksie word gespesifiseer wat die kleinste munteenheid en grootste noot is wat gebruik moet word..


HR verslagdoening

Daar is uitgebreide HR verslae wat u help om u statutêre vereistes in hierdie verband te vervul.
Ongeluks- en voorval verslagdoening: Registreer die ongeluk met fasiliteite vir die aanheg van foto's, polisie- en ander verslae. Die omvattende ongeluksverslagstelsel sal u help om ongelukke te analiseer om soortgelyke ongelukke in die toekoms te voorkom.


Opleiding en beplanning
Bly op hoogte van kursusse wat werknemers moet bywoon, en wie dit moet bywoon.

Oorsig Brosjure EJMPay Maroon Line

Betaalstaat & Menslike Hulpbrone

Betaalstaat & Menslike Hulpbrone