Kopiereg © - EMWIN
Stelsel (Pty) Ltd. - Alle regte voorbehou
“AS JY ERNSTIG IS OOR
KOSTEBESTUUR”
EJM Kostes en Boekhouding
stelsel is ‘n omvattende rekeningkunde stelsel maar met ‘n sterk kostebeheer fokus. Dit maak voorsiening vir die unieke vereistes van die konstruksiebedryf soos subkontrakteurs, bestellings, sertifikate en retensie. Dit voldoen aan IAS en IFRS vereistes en kan die administratiewe grondslag vorm vir die verkryging van ISO en/of SANS-sertifisering.
Die stelsel kom in twee
weergawes:
- EJMCount is is in Microsoft Access geskryf en is geskik vir 'n enkel gebruiker of 'n kleiner LAN-omgewing. Aangesien MS Access deel is van die Microsoft Office, het EJMCount die soortgelyke uitleg en intuïtiewe skerms as MS Office produkte.
- EJM SQL Accounting is van meet af aan geskryf met SQL as databasis en die gebruikerskoppelvlak wat in Visual Studio ontwerp is. Die omvangryke gebruikerskoppelvlak laat data manipulasie toe tot 'n mate wat nie moontlik is in blaaier-gebaseerde stelsels nie.
U kan vanaf EJMCount (Access weergawe) na die SQL-weergawe migreer wanneer u onderneming groei en/of u die webgebaseerde en ander funksies benodig. Daar is geen beperking op die aantal gebruikers in die SQL-omgewing nie. Geografies is u ook nie beperk as die databasis op die Wolk is nie.
Debiteure (Kliënte)
Debiteurebestuuris 'n basiese funksie van 'n boekhoustelsel, meer so met die spesiale vereistes van konstruksie rekeningkunde.
- Op kontrakte waar daar ‘n aantal trekkings oor die loop van die projek is, koppel die faktuurstelsel naatloos aan EJMProject se sertifikaat module waar die vordering geboekstaaf word.Dit genereer die faktuur met kumulatiewe en huidige waardes met inagneming van retensie, materiaal op terrein en BTW
- Ten einde nie aanspreeklik te wees vir BTW op betalings wat nog nie ontvang is nie, is daar voorsiening vir 'n pro forma faktuur met soortgelyke uitleg soos vir ‘n BTW faktuur. Dit stel u in staat om inkomste te erken sodra die pro forma faktuur geskep is maar voordat die betaling ontvang is sonder om ‘n BTW aanspreeklikheid te skep. Dit lei daartoe dat die wins of verlies op ‘n projek akkuraat weergegee word. Sodra die betaling ontvang is, word die BTW faktuur geskep uit die pro forma faktuur.
- Vir kleiner projekte kan die kwotasie module gebruik word. Kwotasies wat in EJMProject geskep is kan ook ingevoer word. Vanaf die kwotasie kan 'n pro forma en/ of ‘n faktuur geskepword.
- Daar is ’n verkoopspunt-opsie waarmee items vanuit die voorraadstelsel uitgereik word.
- Verder is daar ouderdomsanalise en debiteurstate, toewys van betalings teen spesifieke fakture, kredietnotas en omvattende verslagdoening .
Krediteure (verskaffers)
Die stelsel hanteer al die administratiewe en kontrole funksies wat met krediteure (verskaffers) geassosieer word, soos ouderdomsanalise, selektiewe betaling (bv. betaal dié met handelskortings eerste), kontantvereistes, bank en EFT-oorplasings.
- Met kontrakboekhouding is subkontrakteurs en bestellings bhelangrike aspekte.
- Bestellings kan geskep word vanaf die projek-toegelate skakel met EJMProject. Bestellings kan ook geskep word soos benodig, bv. vir skryfbehoeftes.
- Afleweringsnotas kan teenoor die bestellings geboek word. Dit sal lei tot vroegtydige kosteberekening aangesien projekuitgawes by die afleweringsfase in berekening gebring word en nie by die faktuurstadium nie. Net so kan subkontrakteur sertifikate geskep word uit die projek-toegelate waardes gegenereer in EJMProject.
- Sodra dit geskep is, word vordering gedurende elke betalingssiklus ingevoer om 'n Subkontrakteur sertifikaat te skep, met inagneming van vorige betalings, retensie, kontra-koste en in die geval van arbeid-alleen subkontrakteurs, statutêre aftrekkings .
Rekeningkundige verslae
- Finansiële state weerspieël die saldo's vir die jaar-tot-datum en die huidige tydperk. Dit vergelyk ook die jaar-tot-datum met die jaar-tot-datum op dieselfde tydstip in die vorige jaar.
- Die finansiële state kan ook vergelyk word met die begroting.
- Die Proefbalans kan met verskillende grade van detail getrek word. Jy kan ’n volledige Proefbalans hê met alle saldo's of 'n kompakte een met hoof- en subkategorieë.
- EJM is ’n stelsel wat jaarverslae doen oor ‘n boekjaar, wat verslagdoening oor meer jare moontlik maak. EJMCount maak voorsiening vir twee jaar (huidige en vorige) terwyl daar in EJM SQL Accounting geen beperking op die aantal jare is nie.
- Die Vordering per Periode en die Kumulatiewe Saldo-verslae is nuttig om tendense raak te sien en help met kontantvloeibeplanning deur vinnige verwysings na rekeninge, maar is ook 'n nuttige hulpmiddel vir probleemopsporing.
- Daar is 'n omvattende Algemene Grootboek, rekenigkude en koste joernale. In die SQL-weergawe kan deur verskillende transaksievlakke gekyk word.
- In EJMCount kan u u eie verslae opstel met die Report Writer, uitvoer na Excel, invoer in CaseWare .
Kosteverslae
- In hierdie eeu van inligting oorlading is dit belangrik dat ‘n individu tersaaklike inligting kry. 'n Probleem kam egter tot op transaksievl;ak nagespeur word.
- Op topbestuursvlak behoort die Wins & Verlies verslag voldoende te wees, aangesien dit op een lyn per projek die inkomste, uitgawe, wins / verlies en die uiteensetting van die uitgawes oor die nege hoof bronkategorieë toon
- Met die skakeling met EJMProject kan u probleemareas identifiseer met die Koste-afwykingsverslae. Weereens is daar grade van detail tot op bronvlak.
- Die Periodeverslae kyk na 'n spesifieke tydperk in detail (transaksie) en ook opsommend by die Jaar tot op Datum en Projekduur tot op Datum.
- Antwoorde kan ook gevind word in verslae op transaksievlak, gebaseer op sorteringskriteria soos tydsinterval, projek-, kostesentrum-, hulpbron-, verskaffer of bestuursvlak.
- Verskeie voorraad- en bestellingsverslae in opsomming en bron-transaksievlak.
- Alle verslae kan na Excel, Word,PDF, TRF uitgevoer word.
Oorsig
Brosjure
Kostes en Boekhouding